Modulekode | BSS 410 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Module-inhoud | ’n Maatskappy se vermoeë om kompeterend te bly hang grootliks af van die vermoeë om suksesvolle produkte te ontwikkel. In die praktyk word sukses dikwels gelyk gestel aan die maatskappy se bedrewenheid om stelselingenieurswese suksesvol te kan toepas. Deur die beginsels van stelselingenieurswese toe te pas help ontwerpers om die sogenaamde groot prentjie te verstaan, dws nie net hoe goed die produk tegnies funksioneer nie, maar ook hoe goed dit binne sy toepassingsruimte funksioneer, byvoorbeeld die in ag neming van omgewingsfaktore, menslike gebruiksintervlakke, ensovoorts. Hierdie module rus die student toe met die relevante gereedskap en metodieke insluitende spesifikasie praktyke, behoefte ingenieurswese, stelselingenieurswese bestuur en validasie en verifikasie prosesse. |
Modulekrediete | 16.00 |
Programme | |
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Kontaktyd | 3 lesings per week, 1 besprekingsklas per week |
Onderrigtaal | Module word in Engels aangebied |
Departement | Bedryfs- en Sisteemingenieurswese |
Aanbiedingstydperk | Semester 2 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App